Ons is saam met julle opgewonde oor die groot stap wat julle beplan deur in die huwelik te tree. Ons besef dat dit met baie reëlings gepaard gaan, daarom gee ons aan julle die volgende inligting rakende alles wat julle van ons kant af moet weet.
Reëlings:
- Bevestig en bespreek die kerkgebou by die koster, Mnr. Leon Cilliers leon@pehoogland.co.za / 041 367 1785) indien julle van die kerkgebou gebruik wil maak
- Kontak gerus Ds. Pieter Nel 082 879 1466 / pcjnel@gmail.com of Ds. Sunell Ribbens 083 257 4589 / sunell@pehoogland.co.za en minste ses maande voor julle troudatum om reëlings te tref vir die huweliksbevestiging en verpligte huweliksvoorbereiding (ten minste 3 tot 4 sessies).
- Indien julle van ’n orrelis se dienste gebruik wil maak kan julle, julle eie orrelis gebruik of Hoogland se orrelis kontak – Hanlie Young by 084 580 3436 of hanlie.young@gmail.com .
- Voltooi die besprekingsvorm (Vorm A) en skandeer en epos aan Annalize Dunn by annalize@pehoogland.co.za
- Die PE Hoogland Huwelike – Inligtingsvorm (Vorm B) moet voltooi word, vergesel van al die nodige dokumentasie soos aangevra onder punt F. Hierdie vorm en dokumente moet ook aan Mev Annalize Dunn (epos annalize@pehoogland.co.za) besorg word.
Kostes: Voltooi besprekingsvorm (Vorm A) en merk waar van toepassing
Leraar: R1000 plus R2.50 per km indien die bevestigingsgeleentheid nie by Hoogland kerk plaasvind. (Insluitend binnelandse registrasie kostes)
Koster: R400 vir bespreking, gereed – en skoonmaak van die gebou en die oop- en toesluit. (Dit sluit een oefening in. Enige verdere oefeninge sal ‘n addisionele R50 kos)
Orrelis: R400 (indien jul van Hoogland se orrelis, Mev Hanlie Young, gebruik wil maak)
Klankman: R400 (een oefening ingesluit – verdere oefening : R50 addisioneel)
Datapersoon: R400 indien julle DVD/foto’s wil wys (een oefening ingesluit – verdere oefening : R50 addisioneel)
Admin. kostes: R50
Betaling: Hierdie fooie is betaalbaar nie later as 2 weke voor die bevestiging nie.
Die bankbesonderhede is op Vorm A.
Dit is vir ons ‘n voorreg om so aan julle groot dag deel te hê! Mag julle huweliksdag al julle drome verwesenlik, mag julle die seën van die Here daagliks in julle huwelik ervaar en mag julle ‘n baie gelukkige lewe saam hê.
Groete,
Hoogland