By Hoogland is vele geleenthede waar jou geloof deur liefde tot dade kan oorgaan.
EREDIENSBEDIENING
(al hierdie bedieninge geskied op ‘n roterende basis)
- Dankoffers opneem
- Hulp met bediening by Nagmaal
- Koffie & tee bedien na ʼn erediens
- Gemeentedienste – Verwelkom lidmate by die deure en hanteer navrae van lidmate of besoekers
- Musiekbediening
- Diens as Klankman
- Hanteer datarekenaar tydens eredienste
- Diens as kamera persoon vir direkte beeldsending
GEBEDSAKSIE
Word deel van Hoogland se Gebedsaksie wat weekliks saam bid vir sake van belang.
MANNEBEDIENING
Manne kom weekliks saam byeen om saam te kuier en saam te bid
BEGRAFNISBEDIENING
ʼn Groep vroue bedien tee en broodjies vir familie en vriende na ʼn begrafnis of roudiens.
HOSPITAALBESOEK
Lidmate wat in die hospitaal is word gereeld deur die span besoek en bemoedig.
JEUGBEDIENING
Lofkabouters – tydens die eredienste is daar ʼn kindermoment waarna die kleuters uitbeweeg na die saal waar daar dan spesifiek vir hulle, met dieselfde tema as die erediens, ʼn lessie en aktiwiteite aangebied word.
Geloofsvormingsgroepe – (kategese)
Hierdie groepe kom soggens net na die erediens byeen.