Skip to content

Hoogland 50 Dade van Omgee

Hoogland Gee om 1

Hoogland gee om #1

Week 1, in aansluiting by die begin van Hoogland se 50ste jubeljaar, gee ons omgee deur ʼn kolwyntjie vir iemand te gee wat omgee nodig het.

Na afloop van die erediens is kolwyntjies in die voorportaal om te gaan uitdeel.

So wys Hoogland haar omgee hierdie week…

Hoogland Gee om 2 (a)

Hoogland gee om #2

Week 2 bid Hoogland vir die Matrikulante wat eersdaags met hul finale eksamen begin.

Ons bid veral vir hulle voorbereiding, toekomsplanne  en besluite wat geneem moet word na hierdie belangrike eksamen.

Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insigte moet jy nie staatmaak nie.” Spreuke 3:5 (2020 Vertaling)

Hoogland gee om 3 finaal

Hoogland gee om #3

Hierdie week bid Hoogland vir: Gesondheidswerkers.

Week 3 – Elke Hooglander word hierdie week uitgedaag om ’n Bar One sjokolade te koop en saam met ’n Hoogland Kaartjie ( wat by die deure beskikbaar is)  aan ‘n gesondheidswerker/ versorger te gaan gee om te wys Hoogland “Care for the Carers”.

Hoogland gee om 4 finaal

Hoogland gee om #4

HOE KAN EK JOU DIEN            (huishulp/tuinwerker/petroljoggie/kassier)

Week 4 word elke Hooglander deur die Here se Woord uitgedaag om in Jesus se voetspore te volg en te dien. Wees op die uitkyk om húlle wat jou gewoonlik dien, hierdie week met een of twee dade te dien.

Maak bv vir die huishulp ‘n koppie tee / koop vir die motorwag ‘n koue koeldrank / hou vir petroljoggie jou enjinkap oop / stel opreg belang in die kassier se dag.

Hoogland gee om #5

LEEF IN LIEFDE

Week 5 – Lees onderstaande skrifgedeelte elke dag 3 keer en memoriseer voor die week verby is

Luister, Israel (Hoogland), die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Markus 12:29 – 31

Hoogland gee om #6

“ROCK PAINTING”

 “Gaan plaas hierdie week ‘n klip op iemand se lewenspad” …

Week 6 – Neem ’n klip, versier dit met ‘n prentjie / aanhaling / Bybelvers en gaan plaas dit op iemand se lewenspad wat bemoediging nodig het!

Hoogland gee om #7

“JY maak my gelukkig!”

Sonneblom is ‘n teken van geluk!

Week 7 – Gaan wys hierdie week vir jou gesin, jou vriendin, die kassiere of sommer net iemand wie jou regtig gelukkig maak! Neem’n Hoogland kaartjie (én jou glimlag) of stuur net die kaartjie aan en wys aan daardie persoon dat hy/sy jou gelukkig maak.

Hoogland Gee Om 8

Hoogland gee om #8

Leef jou geloof deur liefde tot dade!

Week 8 maak Hoogland 65 pakkies 0p vir Eluthandweni:

Bring asseblief slegs 1 item saam na volgende Sondag (5 Desember) se Erediens of gee dit in die week af by die Kerkkantoor:

badseep / aqua lyfroom / hande handdoek / waslappie / tandeborsel / tandepasta / babapoeier / blikkies kos / koeldrank / lekker koekies / ens

Hoogland Gee om 9

Hoogland gee om #9

Wees ‘n oor wat luister ….

So oor die Kerstyd verlang ons na kinders in die buiteland, ouers wat ver is, familie & vriende wat nie naby ons kan wees die Feestyd nie.
Hierdie week daag Hoogland jou uit om ‘n vir iemand ‘n oor te wees – nie ‘n mond of hand of enige iets nie – maar ‘n OOR WAT LUISTER….
So maak daardie koffie afspraak of tel op jou foon en luister na iemand wat net so graag wil gesels….

Hoogland Gee om 10

Hoogland gee om #10

Worldwide candle lighting day – 12 Desember 

Week 10 – Steek gerus vandag / hierdie week jou kersie aan en/of gaan gee vir iemand ‘n kersie wat dit saam met jou kan aansteek vir ‘n geliefde wat nie meer hier is nie en wys op hierdie manier dat hulle altyd geliefd sal wees en nooit vergeet sal word nie.

Hoogland Gee Om 11

Hoogland gee om #11

Geniet die (Desember) vakansie 

  • koop vir die karwag ‘n roomys
  • rus genoeg
  • bou ‘n sandkasteel saam met jou kinders/kleinkinders
  • maak ‘n groot vuur saam met jou gesin
  • lees ‘n goeie boek
  • kuier te veel saam met familie/vriende
  • lag tot jou wange pyn vir jou kinders/kleinkinders se grappies
  • neem kos vir die DBV se honger diere
  • waai vir die vreemdeling langs jou in die motor op die robot
Hoogland gee om 12 finaal

Hoogland gee om #12

Gaan maak ‘n verskil …

Week 12 vra Hoogland elkeen om 1 ektra ete op Kersdag in te skep (waar jy ook al in die land mag wees) en met iemand te gaan deel wat nie by ‘n Kerstafel kan gaan aansit nie ….

Dalk ‘n bejaarde êrens alleen, die karwag wat op Kersdag jou motor oppas terwyl jy die laaste vars goedjies koop, die sekuriteitsman wat verby jou huis ry en seker maak jy is veilig, die petroljoggie wat jou dien oppad na familie, die kelner in die oorvol restuarant of die honger kind met sy hond wat by die robot soek na ‘n helder Somerkersfees…

Hoogland gee om 13

Hoogland gee om #13

Help asseblief MTR Smit se maats met skryfbehoeftes

Hoogland kom leef jou geloof deur liefde tot dade so aan die begin van 2022!

MTR Smit Huis 5 benodig skryfbehoeftes vir die nuwe skool jaar… Bring asseblief 2 items saam na die Familiediens op 23 Januarie.

Hoogland gee om 14 finaal

Hoogland gee om #14

Gee-’n-Kompliment-dag

Week 14 word jy uitgedaag om vir iemand wat jou pad kruis ‘n opregte kompliment te gee.

Dit is moontlik iemand in jou huis, ‘n vriend, dalk ‘n kollega, jou kind se GVG mentor of nuwe onderwyser by die skool, die vriendelike karwag, ens.

GELOOF DEUR LIEFDE TOT DADE deel vrylik komplimente uit.

Hoogland GEE om #15

Hoogland gee om #15

Week van Gebed 2022

Hierdie week Bid die Hoogland Familie spesifiek saam vir :

Sondag … word bewus van die wonder van hier & nou
Maandag … genoeg stilte om God anderkant woorde te ontmoet
Dinsdag … gesonde liggame
Woensdag … vir ‘n wêreld met baie nood
Donderdag … ons verhoudinge
Vrydag … elkeen wat deel is van Hoogland
Saterdag … ons mooi land

Hoogland Gee om 16

Hoogland gee om #16

“Smile you’re on God’s camera”              

Om werklik te glimlag stel molekules vry wat: stress beveg, pyn verlig, ‘n natuurlike anti-depressant is, help jou om positief te bly en daarby is wetenskaplik bewys dat ‘n glimlag aansteeklik is!☺

Fil 4:5 … Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Deel hierdie week jou glimlag met vreemdelinge wat jou pad kruis bv. in die winkels, by die robot in die verkeer, terwyl jy stap, in die restuarant, ens.

Hoogland Gee om 17

Hoogland gee om #17

Biddag vir Onderwys & Opvoeding – 13 Februarie          

Week 17 bid Hoogland in besonder vir elke onderwyser, skoolhoof, professor, lektor en enige persoon wat met Onderwys te make het.

Hoogland gee om 18

Hoogland gee om #18

NATIONAL LOVE YOUR PET DAY”               

20 Februarie 

Week 18 reik Hoogland uit na die diere in die gemeenskap; “Save-a-Pet”. Bring asseblief volgende Sondag, 27 Februarie, 1 blik/sak honde- of katkos saam na die   erediens (of kom gee dit gedurende die week by die kerkkantoor af). Selfs ook ‘n ou kombers sal handig wees.

Stuur ook sommer vir Hoogland ‘n “selfie” van jou & jou troeteldier na 079815932

Hoogland gee om 19

Hoogland gee om #19

GETUIENIS-DAAD

Week 19 – Neem hierdie week ’n rooi lint of koop ‘n stuk rooi materiaal by die kerkkantoor.

Bind dit vanaf ASWOENSDAG buite om jou voordeur/hek/ boom/jou motorsleutels/handsak/jou kind se skooltas of deel dit met jou bure as deel van Hoogland se Getuienisdaad in die wêreld hierdie Lydenstyd.

Hoogland gee om 20

Hoogland gee om #20

Leef in EENVOUD hierdie week

Bid en dink hierdie week oor wat jy kan doen / weggee om meer eenvoudig te leef.

Die volgende gedeeltes kan ons help dink:

Maandag: eenvoud in die skat van jou hart – Matteus 6:21
Dinsdag: eenvoud in vertrou – Matteus 6:25-34
Woensdag: eenvoud in gebed – Matteus 6:9-13
Donderdag: eenvoud in geluk – Matteus 5:3-20
Vrydag: eenvoud in dade – Matteus 6:1-4
Saterdag: eenvoud in gehoorsaamheid – Matteus 6:21-23

Hoogland gee om #21

Hoogland gee om #21

“World Sleep Day” – 18 Maart 2022

Week 21 – Gaan leef hierdie week jou geloof deur liefde tot dade deur vir ‘n hawelose persoon, wat buite op straat slaap, ‘n warm kombers of ‘n kussing te gaan gee.

Hoogland gee om 22

Hoogland gee om #22

Red ons planeet – Skakel ALLES af!

Week 22 neem Hoogland deel aan Earth Hour. Whatsapp vir Hoogland (079 815 9325) ‘n foto wat jy en jou gesin doen tydens “Earth Hour”

Hoogland gee om 23

Hoogland gee om #23

Mense met gestremdhede

Leef hierdie week jou Geloof deur liefde tot dade aan persone met gestremdhede. Wees bewus van die uitdagings waarmee hulle saamleef…

Gaan loer gerus by www.rampup.co.za of gaan “like” hulle Facebook blad RampUp.

Hoogland gee om 24a

Hoogland gee om #24

World Health day – 7  April 2022

Week 24 sluit Hoogland aan by Wêreld Gesondheidsdag deur fisies & geestelik te oefen.Verbind jouself om vir die volgende 7 dae, elke dag te oefen – 2 Timoteus 4:8 

  • fisies – stap/draf/oefen sommer met ‘n swaar boek jou arms/ens.
  • geloofsoefeninge – Bybel te lees/bid/diensbaar te wees/ lofliedere te sing/ens.
Hoogland gee om 25

Hoogland gee om #25

Palmsondag 

Omgeedaad #25 (van 50) herinner ons aan God se omgee-liefde vir elke mens sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie.

Leef jou geloof deur liefde tot dade…

Gee die palmkruisie vir iemand wat nodig het om van God se liefde te hoor, of hou dit om jouself telkens hieraan te herinner..

Hoogland gee om 26

Hoogland gee om #26

Opstandingsfees

Paasfees vir Christene dat Jesus werklik die Seun van God is deurdat God Hom uit die dood opgewek het.

Die Ixthius sleutelhouer herinner ons daaraan.

Hoogland gee om 27

Hoogland gee om #27

Deel ‘n spesiale Bybelversie met iemand wat jou pad kruis.

Hoogland gee om 28

Hoogland gee om #28

Slipperdag 2022

Koop ‘n pantoffel – plakker en ondersteun so Reach for a Dream se pantoffeldag.

Hoogland gee om 29

Hoogland gee om #29

Gelukkige Moedersdag …

Hoogland gee om 30

Hoogland gee om #30

International day of families 

Bid vir jou gesin.

Hoogland gee om 31

Hoogland gee om #31

Hemelvaart 2022

Doen elke dag hierdie belydenis:

“… God het Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.”

FILIPPENSE 2:9‭-‬11 AFR

 

Hoogland gee om 32

Hoogland gee om #32

Oesfees 2022

Bring warm klere / nie bederfbare blikkies kos / toiletware / komberse /  ens. saam na die Pinkster byeenkomste of kom gee dit af by die kerkkantoor.

Hoogland gee om 33

Hoogland gee om #33

Oesfees 2022

…geseen om ander te seen

Hoogland daag jou uit om hierdie Sondag (week) iets by die Oesfees-tafel te neem en iemand daar buite te gaan sëen wat dit nie het nie!

 

Hoogland gee om 34

Hoogland gee om #34

MTR SMIT

Hoogland leef hulle geloof deur liefde tot dade en ondersteun MTR SMIT wat tans in die NOOD is.

 

Hoogland gee om 35

Hoogland gee om #35

Geseende Vadersdag

 

Hoogland gee om 36

Hoogland gee om #36

Neem hierdie week so paar minute ekstra en bedien iewers ‘n motorwag wat in die winter se wind & weer na jou motor “omsien” terwyl jy inkopies doen.

Wys jou waardering deur spesiaal vir hom / haar ‘n koffie, koeldrank of sommer net ‘n brood te koop en te sê Ek WAARDEER JOU!

 

Hoogland GEE Om 37

Hoogland gee om #37

Bederf gerus jou beste vriendin/vriend met haar/sy gunsteling sjokolade en wees dankbaar vir julle vriendskap!

 

Hoogland gee om 38

Hoogland gee om #38

Hoogland ondersteun kankerlyers.

 

Hoogland gee om 39

Hoogland gee om #39

MTR SMIT Basaar 

Hoogland is mede verantwoordelik vir Huis 5 se GEBAK TAFEL @ die MTR Smit Basaar!

So leef jou geloof deur liefde tot dade en help Huis 5 om hulle tafel te laat kreun onder die allerlekkerste gebak!

Enige skenkings is welkom!

Hoogland gee om 40

Hoogland gee om #40

Waardeer jou leraar

  • Bid in besonder vir Ds Pieter, asook vir jou ander “gunsteling” leraar hierdie week.
  • Stuur vir hom ‘n mooi bemoedigende whatsapp / e-pos en spreek jou waardering uit.
  • Bederf hom gerus ook met ietsie lekkers vir teetyd, ‘n goeie bottel rooiwyn, biltong is altyd welkom en hy geniet graag lekker koffie.
Hoogland gee om 41

Hoogland gee om #41

… bid vir mekaar 

Hoogland gee om 42

Hoogland gee om #42

Ondersteun Isithembiso Babahuis

Isithembiso is ‘n nie-winsgewende welsynorganisasie wat omsien na babas sonder ‘n heenkome. Hoogland leef julle geloof deur liefde tot dade help waar moontlik met babaprodukte.

Hoogland gee om 43

Hoogland gee om #43

Gee jou Gawes

Neem hierdie week 15 minute om by die Here stil te raak oor jou gawes en waar jy dit kan inspan.

Onthou, ‘n gemeente is ‘n ruimte waar ons dit kan doen. Op watter manier / by watter bediening wil die Here jou graag gebruik?

Sien gerus Hoogland se Bedieningslys (in die vakkies) of gesels met Ds Pieter of Leandra oor waar jy kan inskakel.

Hoogland GEE om 44

Hoogland gee om #44

Ondersteun Hoogland Mini Basaar & Padkafee.

Hoogland pak jou piekniekmandjie met jou eie eetgerei en drinkgoedjies en kom kuier saam hier op die grasperk voor die saal Vrydagaand.

Hoogland gee om 45

Hoogland gee om #45

Bybelsondag, 28 Augustus

Gaan gee hierdie week vir iemand n Bybel of ‘n Bybelstorieboek! 

Hoogland gee om 46

Hoogland gee om #46

… vir die Skepping

Hierdie week vier ons die draai van die seisoen na lente en dat God die Vader die Skepper van die heelal is.

Hoogland gee om 47

Hoogland gee om #47

Gaan doen hierdie week iets doodgewoon maar met buitengewone liefde.

Excellence is doing ordinary things extraordinarily well.

Hoogland gee om 48

Hoogland gee om #48

Wees hierdie week dankbaar! 

…  dalk is dit iets moois in God se skepping / of jou bejaarde ouers / of ‘n mooi blom / dalk iets wat iemand met jou gedeel het / of ‘n mooi stuk handwerk.

Hoogland gee om 49

Hoogland gee om #49

Gaan bederf iemand met ‘n goeie bottel wyn of vrugtesap of sommer net ‘n kuier hierdie week! Geniet die saamwees, kuier lekker en onthou al die Hoogland herinneringe!

Hoogland gee om 50

Hoogland gee om #50

GAAN LEEF NOU ELKE DAG JOU GELOOF DEUR LIEFDE TOT DADE …