DIEN DIE GEMEENSKAP

MTR SMIT KINDERHUIS

Elke kind in Huis 5 (wat aan Hoogland toegewys is) word bederf met ʼn verjaardag geskenk en ʼn lekker partytjie wanneer hy/sy verjaar.  Ons sal verder help met benodigdhede vir die huis en help selfs pannekoek bak by hul kermis.

DORINGS EN DAISIES (Senior burgers)

Hierdie bediening doen moeite om alle bejaardes in die gemeente en gemeenskap op ʼn maandelikse basis te trakteer op heerlike eetgoedjies en ʼn program vir die oggend.

SOPBEDIENING

Ons deel twee keer per week sop in die Walmer area uit aan wie ookal behoefte daaraan het.

Verder verskaf ons graag sop of ander kos (blikkieskos) aan die werksoekers in ons omgewing.

ELUTHANDWENI

Hierdie bediening ondersteun die tuisversorging van vigspasiënte en bejaardes in die Motherwell omgewing.