DIEN DIE WÊRELD

Twee sendelinge word deur die gemeente ondersteun.

SIM – Allister Jolley werk met ʼn bediening aan die Moslems.

Martin de Lange – Hy en sy gesin werk deur Operasie Mobilasie in Frankryk met spesifieke fokus en ondersteuning aan die Turkse gemeentes daar.

Izzy poppies projek – Gemeentevroue brei hierdie pragtige poppies wat met uitreike na die oorloggeteisterde Midde Oosterse land aan kinders en pasiente uitgedeel word. Mooi getuienis word ontvang oor die waarde van hierdie eenvoudig gebreide poppie.