Skip to content

EK WIL DIEN

Hier is Hoogland se geleenthede waar jou geloof deur liefde tot dade kan oorgaan. Dui gerus jou keuse aan op die vorm hieronder.

EREDIENSBEDIENING

  • Dankoffers opneem
  • Hulp met bediening by Nagmaal
  • Koffie en tee bedien na ʼn erediens (roteer basis)
  • Gemeentedienste – Navrae van lidmate of besoekers te hanteer of te verwys.
  • Verwelkoming by deure
  • Musiekbediening in oggend of aand
  • Klankbank
  • Rekenaar tydens eredienste

BEGRAFNISBEDIENING

ʼn Groep vroue bedien tee en broodjies vir familie en vriende na ʼn begrafnis of roudiens.

HOSPITAALBESOEK

Lidmate wat in die hospitaal is word gereeld deur die span besoek en bemoedig.

MTR SMIT KINDERHUIS

Ons bederf elke kind in Huis 5 (wat aan Hoogland toegewys is) met ʼn verjaardag geskenk en ʼn lekker partytjie wanneer hy/sy verjaar.  Ons sal verder help met benodigdhede vir die huis en help selfs pannekoek bak by hul kermis.

GASVRYHEIDSBEDIENING

Van tyd tot tyd met gemeentefunksies word hierdie ywerige dames gevra om te help met die realisering van ʼn funksie en spyseniering.

DORINGS EN DAISIES

Hierdie bediening doen moeite om alle bejaardes in die gemeente op ʼn maandelikse basis te trakteer op heerlike eetgoedjies en ʼn program vir die oggend.

JEUGBEDIENING

Lofkabouters – tydens die eredienste is daar ʼn kindermoment waarna die kleuters uitbeweeg na die saal waar daar dan spesifiek vir hulle, met dieselfde tema as die erediens, ʼn lessie en aktiwiteite aangebied word.

Geloofsvormingsgroepe – (kategese)

Hierdie groepe kom soggens net na die erediens byeen.

Studente en jong volwassenes (Coffee Talks)

Alle jongwerkendes kuier weekliks saam rondom ʼn koppie koffie vir goeie gesprekke en saamkuier. Ds Botha lei hierdie geleenthede.